Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Karoonag | Crime & Thriller

Deon Meyer

Lemmer. Bennie Griessel. Johnny October. Fransman Dekker. Mbali Kaleni. Inspettore Ferdinando Adornato. And Muller.
The Karoo. Bellville. Botrivier. Cape Town. Milan.
Murder. Disappearance. Kidnapping.
Suspense.
Are you up to it?!


“Karoonag”: Lemmer’s First Law reads thus – Never Get Involved. He should have stuck to the game plan, he should have kept his wits about him... but no, they had to come hammering at his door in the early hours of the morning. And he had to jump out of bed, Glock 37 in hand, get into his new Ford Ranger and speed off into the damned veld... a wild goose chase if ever there was one. Apparently there’d been a farm attack, and offering his, ahem, specialized services could take him one step closer towards gaining acceptance from the closely-knit Loxton community, one step closer to belonging somewhere for a change.

And now? Now “farm attack” has turned out to be “kidnapping”. Now he’s chasing after the perpetrators like a maniac and preparing to confront an unknown force and the lives of three hundred people are dependant on him. One thing is certain: blood will flow in the Karoo before dawn breaks...

Gripping stories by a masterful suspense writer, including his popular serial “Stiltetyd”.

Reviews

Die Burger
Chris Barnard

26/07/2010

Op die omslag van Karoonag en ­Ander Verhale word Deon Meyer as “die gewildste ­spanningsverhaal- skrywer in Afri­kaans” bestempel. Min lesers gaan dit ­betwis. Veral ­sedert Feniks (1996) het hy met die een roman na die ­ander bewys hy is ’n storie­verteller van formaat.

Ook in die buiteland trek hy al hoe meer aandag. Peter Millar ­verwys in The Times (Londen) na hom as “one of the sharpest and most perceptive thriller writers around”.

Anders as sommige ander ­beoefenaars van die genre ­onder­skat hy nooit sy leser se intelli­gensie nie. Hy weet hoe om ’n ­karakter te skep waarvoor die ­leser baie gou begin omgee, en hy weet beslis hoe “narrative pull” werk. ­Karoonag bevat sewe ­verhale; nie almal op dieselfde peil nie, maar waarvan die bestes jou dwing om verder te lees.
Die titelverhaal mis iets van wat nou al kenmerkend geword het van Meyer se ander verhale: karakters vir wie jy baie gou omgee en met wie jy jou kan ­ver­eenselwig.

In van die ander verhale ­ont­moet ons weer ou bekendes soos Bennie Griessel met die ­ewige drank­probleem, en die ­onvergeet­like ­senior super­intendent Mat Joubert wat van ­Feniks so ’n besondere leeservaring gemaak het.

Wat weer opval is dat Meyer nooit verval in voor die hand ­liggende wendings nie. Jy word ­kort-kort verras deur die soms aweregse kinkels van ’n ­vindingryke verbeelding. En jy kry ­heeltyd die gevoel: Hierdie verteller ken sy materiaal – van ­rekenaartegnologie en hand­wapens tot Italiaanse skoei­sel­ontwerp en Maleise kookkuns.

In “Stiltetyd”, die langste ­­ver­haal in die bundel, word ons voorgestel aan twee (vir my) nuwe ­karakters van wie ’n mens graag weer sal wil hoor: Supt. John ­October, reeds naby aan aftrede, wat so graag vir oulaas nog ’n moordenaar wil vastrek, en sy dierbare vrou, Pearlie, wat ’n hond uit ’n bos uit kook in haar restourantjie met sy sabanang, ­kabobs, essies en rulle. Deon Meyer streef verby ­soetsappigheid, toeval, cliché en kunsmatige handgrepies. Elke ­verhaal loop snaarreguit na sy ­­­­on­afwendbare einde toe.

Elk van die sewe verhale het ’n “nawoord” waarin die skrywer ­interessant uitwei oor die ­ont­staan van die betrokke ­verhaal, sy ­navorsing, en van die moeiliker struikelblokke wat hy moes ­oorkom. Hy gee geen ­fabrieks­geheime weg nie, maar ’n mens kom heelwat agter van die manier waarop hy sy storie en ­veral sy ­karakters benader. ’n Mens kom gou agter Meyer het ’n deeglike ­studie gemaak van die struktuur en tegniek van speur- en spanningsverhale. Hy is ’n ­toe­gewyde student van sy vak. Die feit dat hy ’n meester­s­program in ­krea­tiewe skryfwerk onder ­Marlene van ­Niekerk by die ­­Uni­versiteit Stellenbosch gevolg het, bevestig dit.

In een van sy nawoorde ­verklaar hy sy “manier van ­navors, beplan en skryf, (voel) veel meer na werk as ’n boheemse ­proses van ­krea­tiwiteit waarin ek moet wag vir ’n mistieke muse om haar sluier speels te lig en storie-geheimenisse aan my te openbaar”.

Die goeie of die slegte nuus is: Dít geld vir álle goeie skrywers. Die muse het nou maar eenmaal die manier om net die mees ­­toe­gewydes te besoek.

’n Hele paar nuwe Afrikaanse spanningsverhaalskrywers het ­onlangs op die toneel begin ­­­ver­skyn. En dis verblydend. Die tyd is gelukkig verby waar dié ­genre as “van minder belang” ­bestempel is. Selfs die vitterigste literêre snob sal moet toegee: As jy ’n Deon ­Meyer begin lees, is dit van bladsy drie af byna onmoontlik om die boek neer te sit.
En selfs in die beste geselskap wil dit gedoen wees.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 272 BLADSYE, ISBN 9780798151177.)

Chris Barnard is ’n skrywer.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Karoonag | Crime & Thriller


Author: Deon Meyer
Category: Crime & Thriller
ISBN: 9780798151177
Date Released: 03 October 2009
Price (incl. VAT): R 260.00
Format: Soft cover, 272pp

About this author

Deon Meyer


Deon Godfrey Meyer was born on the 4th of July 1958 in Paarl. He matriculated in 1976 at the Schoonspruit High School in Klerksdorp. He studied at Potchefstroom...

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: