Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Somersneeu | General Fiction

Helene de Kock

Somersneeu is a sprawling saga that unfolds over more than a decade, focusing on the lives of a small group of school friends. Among them: Rouke Bruwer and his beloved Karina Kirstein. Ever since childhood everyone always assumed that they were soulmates, destined to spend the rest of their lives together. But life doesn’t always turn out the way one expects, and when Rouke persues an academic career abroad their relationship comes under severe pressure, especially when a rival for Karina’s affections comes to the fore . . .

Can true love really survive all life’s obstacles? Even when death comes knocking at the door.

Reviews

Die Burger, 1 Augustus 2010
Stephanie Niewoudt

17/08/2010

In Somersneeu word die verhaal van ’n groep vriende vertel wat saam deur hul matriekjaar ­worstel en waarvan die meeste vir ’n jaar in die buiteland gaan woon en werk. Dit vertel ook van hoe elkeen se lewe ná hul terugkeer na Suid-Afrika verander.

Kortom, dit is ’n boek oor vriendskap en oor die liefde. Die verhaal wentel veral om Rouke Bruwer. ’n Jong man wat ’n mens se asem laat wegslaan.

Hy is aantreklik, hoogs intelligent (soos die ­skrywer tot ver­velens toe oor en oor uitlig), godsdienstig, ­charis­ma­ties en hy gee nie toe aan sy drange nie.

En die meeste van Rouke se vriende leef ook, met die uit­sondering van een paartjie, ­dieselfde beginsels uit.

Hulle volg hom en aanvaar ­besluite wat hy ­namens hulle neem. Tot só ’n ­mate dat hy selfs in beheer is van hul finansies in die buiteland en bepaal waarop ­elkeen geld kan uitgee.

Sjoe, min tieners gaan hul laat voorsê oor wat hulle met hul swaar­verdiende ponde mag koop. ’n Mens mis ook ’n ­beskrywing van die ­Londense naglewe.

Dit is ’n verligting wanneer een van die karakters van wie die ­leser dit die minste verwag, ­­begin­sels oorboord gooi en ­toegee aan die drif wat warmbloedige jong mense dryf.

Nietemin, die kritiek ten spyt, is Helene de Kock se vaardigheid as skrywer nie te ontken nie.

Sy het oor dekades en met meer as 40 boeke haar taal- en storie­vertelinstrumente goed geslyp. Sy laat die verhaal op so ’n manier oopvou dat die leser ondanks die ­irritasies wil aanhou lees.

Die boek begin met ’n aanval op ’n slapende paartjie op ’n plaas. En die skrywer laat jou tot aan die einde wonder wie die slagoffers is.

Die boek neem jou ook saam met die karakters op reis – na ­interessante plekke in Engeland, Edinburgh en die Loire­vallei. Die gebiede word so ­treffend ­beskryf, dat daar geen twyfel is nie die skrywer het self tyd daar deurgebring.

Dit is ’n boek wat ’n paar lang ­winteraande korter sal laat voel. 
 
Stephanie Niewoudt is ’n vryskut-joernalis van Kaapstad.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Somersneeu | General Fiction


Author: Helene de Kock
Category: General Fiction
ISBN: 9780798151153
Date Released: 10 February 2010
Price (incl. VAT): R 255.00
Format: Soft cover, 512pp

About this author

Helene de Kock


Helene de Kock lives in Pretoria. She is married to Dr Jos de Kock and they have three children, Jaco, Herman, and Sylvia. Jaco passed away a few years ago....

Read more...

Human & Rousseau also recommends these titles: