Human & Rousseau

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

Author Focus

Pienkes du Plessis

Biographical info

Pienkes (Gert van Eeden) du Plessis is gebore in 1935. Kleintyd spandeer hy in die Noordkaap, tussen Kimberley en Vryburg op Vaalharts se lusernlande. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool en gaan universiteit toe in Potchefstroom. Daarna is hy vir drie jaar onderwyser in Johannesburg en toe omroeper/regisseur in Durban.

Pienkes raak aan die skryf met aanmoediging van wonderlike kollegas totdat dosyne stories, radiodramas en vervolgverhale uiteindelik die pot aan die kook sou hou. Hy skryf letterlik om den brode onder Gerrit du Plessis en ‘n paar skuilname toendertyd.

Hy is die grondlegger van Welgevonden-wildreservaat in die Waterberge. Hy is medestigter van Aardklop en saam daarmee ook van Helpmekaar Kollege, een van die eerste Afrikaanse privaatskole onder die nuwe politieke bedeling.

Onder familiedruk neem hy weer na dertig jaar skrywerspen op en skryf Duinestories. Daarna volg ’n paar korter stukke wat mettertyd, saam met ander stories wat nog in sy kop smeul, die lig behoort te sien.

Pienkes is getroud met Lizzie Redelinghuys, ook van Vaalharts en Potchefstroom. Hulle het drie kinders, ’n seun Werner in Stellenbosch, en twee dogters Janie en Karen, albei in die Kaap. Pienkes is tans semi-afgetrede sakeman en woon die afgelope agt jaar in Somerset-Wes.

Books By This Author